Saliese wet

Koning Clovis stel die Saliewe Wet op omring deur militêre leiers.

Die Saliese wet (Latyn: Lex Salica) was ’n belangrike wet wat opgestel is vir die regering van die Saliese Franke in die vroeë Middeleeue tydens die heerskappy van koning Clovis I in die 6de eeu. Hoewel die wet baie antieke gebruike weerspieël, is die vroegste datum waarop dit saamgestel kon gewees het, tussen 507 en 511.[1]

Die term "Saliese wet" word dikwels gebruik as sinoniem vir agnatiese troonopvolging (troonopvolging deur manlike erfgename). Die belangrikheid van die wet strek egter veel verder, aangesien dit die direkte voorganger was van baie huidige regstelsels in Europa.

  1. Fosberry, John trans, Criminal Justice through the Ages, English trans. John Fosberry. Mittelalterliches Kriminalmuseum, Rothenburg ob der Tauber, (1990 Eng. vertaling 1993) p.7

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search